972) die tulpe lag
oopbek geel dit is lente die rose nog styfblaar rooi die wingerd gis al die suurlemoenboom glimlag die boontjie kry sy loontjie die vlinder bevrug blom na blom die sprinkaan vreet sy voor tande groen die hondevlooi maak ’n shopping list die spinnekop spin soos ’n swart kat die jellievis dril op die parade grond …