830) omdat die wind my waai 830) omdat die wind my waai July 12, 2008 is ek nie altyd dieselfde nie ek is ‘n donker wolk laag in die blou lug as die wind my waai raak ek die donder in en stort op die wat vir my gelag het Liked it? Share it please …
831) ‘n mens moet 831) ‘n mens moet July 12, 2008 jou gees laat seil saam met die wind tot op die top van ‘n berg afspring op ‘n donner wolk saam met die reëndruppels plof in die stof om nat aarde te maak om die lewe saad wakker te maak om te groei tot vag van genade Liked it? Share it please …
832) hoekom sit jy hier by my? 832) hoekom sit jy hier by my? July 12, 2008 is jy bang ek sal loop? weet jy dan nie dat jy twee keer saam met my om die maan gedraai het nie? ek kan nie meer nie Liked it? Share it please …
833) de la rey 833) de la rey July 12, 2008 jy was dapper gewees geveg vir reg maar jou geweer se loop was krom die bliksemse kakies het jy misgeskiet hulle het nie minder geword nie, maar het jou verswelg generaal generaal dit was verdwaal gewees Liked it? Share it please …
834) wanneer ek 834) wanneer ek July 12, 2008 swak en stil is het ek jou krag nodig my rots jy swak nie jy klim die berg met vreugde op jou skouer die kruis van die ewigheid Liked it? Share it please …
825) pampoen 825) pampoen July 10, 2008 jy dink seker ek is ‘n pampoen omdat ek steeds by jou kuier ek wag dat jy my water gee dat jy my blom kan sien Liked it? Share it please …
826) ons smag 826) ons smag July 10, 2008 ons smag na reën die reën wat liefde laat vrugskiet maar waarom ontkiem my saad nie? Liked it? Share it please …
814) die nuwe dag 814) die nuwe dag July 9, 2008 begin vandag hoe weet ek dit ek sien die flou oranje op die horison die sterre skuif een-een bed toe en skakel die lig af die belofte van ‘n nuwe dag word waar Gods woord is waar. Liked it? Share it please …
815) het ek dit reg 815) het ek dit reg July 9, 2008 as jy sê alles vir die liefde maar wat jy wys is lyding waarom bly jy stil? jy is lief vir die bliksem al slaan hy jou Liked it? Share it please …
816) my hart bons 816) my hart bons July 9, 2008 as ek die lied hoor wat ons altyd in die beetle gespeel het wanneer ons so gevroetel het dat die shocks ge-twiet het Liked it? Share it please …
817) wanneer ons daar kom 817) wanneer ons daar kom July 9, 2008 sal dit vir ewig wees maar die pad daarheen is vol klip en potholes wees oop oog en kyk uit liefde dat ons nie ons gat af val Liked it? Share it please …
818) telefoon paling 818) telefoon paling July 9, 2008 so regop soos ‘n telefoon paling jy het die hoogste sport bereik sê sy vrou maar as jy neerstort is jy fokol werd Liked it? Share it please …