753) haar lig flikker
vroegoggend flikker die ligte in die suburb een vir een sterf hulle die een afgeskakel om weer vanaand te skyn iets werd te wees ’n ander blaas die laaste asem uit ’n glasbol op die ashoop nog ’n ander verdof ’n mens wat sterf die siel skiet soos ’n vuurpyl hemelwaarts en los flikker sterretjies …