Jy het my wakker gemaak
met jou smeltparfuum het jy verbyspore gelaat op die wilde hormoonspoor het ek geloop om die hoek het die parfuumspoor doodgeloop die somerwind het n nuwe reuk saamgebring blindelings het ek gevolg om die hoek het die parfuumspoor doodgeloop die laaste twintig jaar loop ek nie meer om n hoek nie Liked it? Share it …
Ek is in 2 geskeur
die boom wat ons geplant het het n reus geword ons liefde vir mekaar was so sterk soos die stam van ons boom gewees dit het fluks gegroei tot daardie nag toe die bliksemstraal dit getref het en in 3 geskeur het ek jy en die ander vrou kan nie geskei word nie (sien foto) …
Die boom wat skreeu
boom skreeu paniek bevange arms uitgestrek mond vertrek van pyn stukkies bas tuimel na benede die regter oog toegeswel die linkeroog staar star na die hemel God is daar nie meer genade vir n ou boom soos ek my blare kan nog yl skadu gooi en die grond bevrug die wind kan nog die lied …