Mag julle die golwe van tyd ry
en saam oud word soos die berge stewig vir ewig Liked it? Share it please …
Die coil spring matras
van my ma en pa die voeltjie tjirp het ons wakker gehou op die bulsak het ons doelloos rond gegly vandag kry jy die duisend pocket matras 'n tier kan langs jou slaap sonder dat jy dit agterkom 'n jaar later is ons geskei sy hou van die voeltjie wat tjirp Liked it? Share it …
Digitale meisie
ek is nie tevrede met jou foto op die skerm vlugvinger skuif ek jou voortande netjies in 'n ry 'n colgate smile maak die mond 'n bietjie groter dit was toe 'n fout gewees permanente oogomlyner aksensueer die groen die groenflits mamba het ek nie raakgesien sy is nou nie tevrede met wat sy sien …
Vroegoggend fluister die son vir die klippe
wat blinkswart verstrooi le oor die karoovlaktes en praat van die langstert skerptand groot akkedisse wat elke oggend rondgeplas het in die groenslym poele vir miljoene jare lank al word hier al vertel op die warm swart klip wat al miljoene jare so op sy sy le gaan sit ek as ek my oe toemaak …