Vroegoggend het sy teen my skouer gelê
en prewel woorde van die ligdag woorde van bang het sy geprewel woorde van dagnag wanneer die son opstaan word dit haar dagnag sy verdwyn in die moreson voordat die witryp kors nog kan smelt my arm waar sy was is leeg leeg soos die horison Liked it? Share it please …