Damage control…
Die advertensie
oor n haarwasmiddel
wat die skade kan regmaak
die haarpunte kan heel
Sales trixs
wat ons glo en koop
maar ons huwelik
gaan n haarwasmiddel help
gooi die haardos op die tafel
elkeen met n skêr
sny die gebreekte punte uit
die klitsels
die tolbos sade
die rooigras rooi
na dit is albei
sleg gesny
traanoog kyk ons na mekaar
en bars lag uit
albei is beskadig
is die waarheid
damage control
ons sit die lig af
Leave a Reply
Be the First to Comment!