Deur die lens wat swaai en maai

Deur die lens wat swaai en maai

gulsig soek die blinkoog rond
om vreugde,liefde en ongeluk op te slurp

die eerste skooldag die blomdra bruid
kliek dit in die vreugde kassie

die meisie wat droomoog in haar ou se oe staar
dit kliek in die romanse kassie

die ma wat haar baba vir die eerste keer vashou
liefde kliek die lens

die motor was in die trok vasry
kliek gruwel

die lens swaai verward rond
op soek na God

en kliek rigtingloos
telefoonpale,asblikke,mangate ,vuil ruite

word koorsagtig gekliek

maar dit kon nie God vind nie
God lewe slegs binne Sy kinders

die lens vlug die wereld rigtingloos in

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz