Die argitek
na jare uiteindelik
die geleentheid
om te ontwerp
goeie grond is nodig
om krake te voorkom
potlood skerp
sit hy voor die A3
en teken 'n paar
volmaakte enkels
die potlood sing
hy neurie 'sweet caroline'
en teken sy verbeelding
hy was net besig
om die vonkel in haar
oog te sit
toe skree sy vrou
'die kos is reg'
hy frommel die A3 op
en sê 'sweet'
Leave a Reply
Be the First to Comment!