Die BERG Sidder

Die BERG Sidder

en skud die winterkleed
van sy skouers af

die lente bring sy eie gevare
terwyl die winterwinde blare dwarrel

stap die klimmers in gelid
die bergtop uit

om met skerp pikke
die bergtop te verkrummel

Die BERG skud sy skouers
die klimmers word verswelg

deur die laat winter sneeu

volgende jaar sal daar
weer klimmers wees

wat nie van gister sal weet

die Berg skuil onder sy mantel
asof hy van niks weet

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz