Die berg verdwyn
Die gletser begin smelt
stukkies berg stort neer
die groot rotse kreun
maar het geen verweer
na die ewigheid na die ewigheid
fluister die gletser
dreunend stort hulle na benede
'n plas, rimpels verdwyn
die berg stort in die see
van ewigheid
en word 'n niks
op die horison
van môre
(verganklik is ons)
Leave a Reply
Be the First to Comment!