Die boom wat skreeu

Die boom wat skreeu

boom skreeu paniek bevange
arms uitgestrek

mond vertrek van pyn
stukkies bas tuimel na benede

die regter oog toegeswel
die linkeroog staar
star na die hemel

God is daar nie meer genade
vir n ou boom soos ek

my blare kan nog yl skadu gooi
en die grond bevrug

die wind kan nog
die lied van die liefde

deur my takke sing

God gee my nog n paar jaar
om lief te hê

die manne met die byle glimlag
ons gaan 200 kiste hieruit kry

(sien foto)

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz