Die gebroke vrou

Die gebroke vrou

Moedeloos strompel sy
deur die lewe

meganies die een been
voor die ander

gelykmatig mompel sy
slegs nodig

haar lagmond
sinies vertrek

die mooi woorde
die geld wat rol

die verneuk
die vreemde parfuum

God! wie se rug
kan dan regop bly

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz