Die gesprek van n ongebore baba met haar ma

Die gesprek van n ongebore baba met haar ma

Ek sien die lig
aan die einde van die tonnel

ek surf op die vrugwater

nege maande lank het ek geswem
in die skommel see

soms het ek jou gehoor lag
maar meer het jy gehuil

toe jy geval het
het ek my duim gebyt

jou sugte en jou lyfruk
het my wakker gehou

op ses maande het hy
jou met rus gelaat

ek het gesê
dankie God

want jy het altyd gesê

help my asseblief
asseblief my God !

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz