Die lekkerste tyd

Die lekkerste tyd

is die tyd om die blare
bymekaar te hark

die loof aan die brand te steek
en alles te veras

die ou liefdes
kan ons veras

maar kompos kan
ons maak

en die lekkerste
mushrooms kweek

die mooiste rose kweek
wat die lekkerste ruik

en die lekker
en die mooi

saamvat
die toekoms in

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz