Die lelike eendjie het befok geraak
al die mannetjie eende
wou altyd net
kaal saam met haar
gaan duik
hulle wou vir haar
sjerrie koop
en leer pool speel
maar na die derde koktail
het haar bek begin oophang
die vere here
wou almal vlerksleep
toe haar tong begin sleep
het sy geweet
haar vlerk gaan
nou sleep
Leave a Reply
Be the First to Comment!