die lang maer vlieswolkies
plat getimmer
deur die harde dag
sweef stil
agter godson aan
vanaand wanneer
koning son
oor die ligberg gly
na donkerland
kouekant van donkerberg
dan spring hulle
in sy bed
las mekaar n lappieskombers
vir sonkoning
om sy hart warm te hou
Leave a Reply
Be the First to Comment!