Die nar wat ons altyd sal onthou

Die nar wat ons altyd sal onthou

grootoog kyk ek na die nar
wat by ons kleuterskool kom kuier het

hy blaas n fluit
tot my ore tuit

ons lag vir sy wit gesig
en rooi meisie lip

hy toor die balle weg
en haal hasies uit

die dywe eet uit sy hand
en tjoklitkoek haal hy uit sy sak

hy nies en haal sommer 20 sakdoeke
uit sy oor

ons lag ons huil van plesier
totdat die nar

sy lag en die balle
in sy groot tas wegpak

maar.. hy het vir my n rooi bal gegee
in my bewende hand

hou ek dit vas

ek sal altyd onthou
jou lag daardie lag

(n embrio uit skoppensvrou se kleuterklas)

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz