Die palmboom se blare wieg
in die wind
gebuig soos 'n sambreel
die bloekomboom se bos
aan repe geskeur
die nuwe bos glimlag
alreeds
'n nuwe dag kom
die wind speel deur
my yl hare
ruk my wenkbroue
deurmekaar
die koue winterwind
ruk ruk aan my siel
die rimpel op die dam
storm op my af
ek staan op en
groet die son
die koue jaag my
na 'n warmer plek
die hel is dit nie
ek weet
Leave a Reply
Be the First to Comment!