Die pen wat praat

Die pen wat praat

met die A4

is nie ‘n gewone pen
dit gly oor die lyne

dit blot nie
dit moet kleurig wees

‘n stabilo bionic .07
is die pen dokter
wat die keisersnees doen

pragtige woordkinders
word gebore

ek het al parker
gebruik asook,
Hi-techpoint V7 grip
staedler stabilo flemfit
pentel pilot
rooi rose
faber castell
sasco
en vele naamloses

maar my mooiste gedigte
is geskryf deur
‘n stabilo beyonce

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz