Die stem van die wind

Die stem van die wind

is stil vanaand
die golfies plat op die strand

gister het die wilde wind
die sandkorrels gejaag na nêrens

dit is stil vanaand
die sandkorrels lê bo-op mekaar

soos bang sprinkane
wat hoek soek

ek is nie bang vanaand
dit is stil hier binne

die wind lê op sy rug

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz