Die sterre vonkel vanaand

Die sterre vonkel vanaand

Die kosmiese winde
het die sterstof

uit hulle oe gewaai

hulle vonkel helder
en vrolik

kletsend word maskara
en rooilip aangesit

vol verwagtig
dat n eensame komeet

sy pad tot hier sal vind

ai die vrouegeslag
is maar oral dieselfde

selfs tot hier
aan die einde
van die heelal

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz