Die swaarte krag van die aarde keer dat ons ‘n engel word
Ons is te swaar gelaai
met pakkies
pakkies sigarette
pakkies toiletrolle
pakkies geskenke
pakkies vol goedere
hande vol biere
hande vol pistole
hande vol kos om te vreet
gedagtes vol vuil
gedagtes vol selfsug
gedagtes vol wraak
maak oop jou hande
drop jou pakkies
laat die wind deur jou gedagtes waai
jy word verlos
van die swaar
en kan op 'n sielereis gaan
wat tot in ewigheid sal duur
Leave a Reply
Be the First to Comment!