Die toring…en Apollo…?.. vra BERG

Die toring…en Apollo…?.. vra BERG

Apollo ruimtetuig is gereed ,die stoom blaas by sy stert uit , die klampe wat hom vashou val weg .Vier amerikaners wag opgewonde binne met hulle crash helmets op hulle koppe alles is gereed vir die reis .Met n moerse lawaai styg die ruimteskip die blou lug in op pad hemel toe . Iets gaan verkeerd , Apollo bars uitmekaar , dit lyk soos guy fawlkes
in die dag , die wrakstukke tuimel brandend grondwaarts . Die vier Amerikaners is nog steeds op pad hemel toe hulle was kinders van GOD .

Hierdie is darem nou vir jou n vreemde happie uit die lewe.

Die klipgebou met die lang toring, staan teen die koppie, afgeëts teen die laatmiddagson ,die toring lyk soos n vuurpyl ,gereed om op te styg hemelwaarts ,wagtend op die passasiers .die groot ysterklok hang stil , wagtend om hulle te roep.

In Amerika het duisende aansoek gedoen om saam met apollo die blou lug in te klief, hulle het mekaar vertrap vir n kans na die big blue yonder.

Dit is sondagoggend ses uur, die groot ou ysterklok stuur sy boodskap uit oor die vlaktes.
Kom julle wat honger is … n klompie verflenterde siele kom van die plakkerkamp af vandag gaan hulle eet. Kom julle wat dors het… nog n klompie kom aangedraf hulle asems wasig in die vries oggend …kom sondaars kom stuur die ou klok sy boodskap oor die vlaktes … tevergeefs niemand meer kom nie .

Verwese sit die klompie bymekaar in die middel van die kerk , hulle kyk verbaas rond , voor op n tafel staan daar 7 groot brode, en n silwer beker
vol wyn , die klok het nie gelieg nie , hier staan
die kos en drank voor hulle, hulle het geglo en het gekom , dit was waar , hier word nie gelieg nie .

Hulle was baie opgewonde maar het gehoor hulle moes eers luister wat die man van GOD te sê het
geduldig het hulle gesit , hulle oê gevestig op die tafel.

Hy vertel hulle toe hoe Jesus die laaste nagmaal
deurgemaak het , hulle verstaan dit toe want hulle sien die brood en die wyn .

Nadat hulle geëet en gedrink het was hulle tevrede en het geglo.

Dit is so maklik om te glo , ons moet net na die klokke luister .

Apollo klipkerk is net om die draai , gaan in en glo dat daar vir jou ook brood (van die ewige lewe )en wyn (Jesus bloed) wag .

Die ewige lewe wag, as jy maar net sal luister na die klokke wat elke dag lui.

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz