Die wingerd van plesier
hy was jaloers op sy buurman
die het baie gepaartie
en van sy pers druiwe
se wyn gedrink
daar was baie gelag
en wild gevry
hy het dan alleen
suurpruim gesig gesit
en drink aan sy suurwyn
hy word baie moerig
en wonder toe
hoe kan hy ook so paartie hou
hy gaan toe na Solly Kramer
en koop ‘n honderd bottels
van sy buurman se wyn
die paartie was wild
daar was baie gevry
sy buurman het die geraas gehoor
en oor die muur geloer
en was jaloers
hy gaan toe na Solly Kramer
en koop ‘n honderd bottels
van sy buurman se wyn
Leave a Reply
Be the First to Comment!