Die ysvrou begin smelt
Jou silhoeet
flikkerlig teen die muur
die wasreuk n herinnering
jou lag ontsnap stram
in die flikkerlig
jou naaklyf
smeek in die skemer
jou moeg lyf neem ek
in my hande
jou slape gestreel
staroog versag
jou styfmond kus ek
jou stywe lippe
smelt sag
jou skouers
klaviersnaar styf gespan
ek tokkel n minnelied
jy smelt
jou rug styf soos n boog
ek masseer die stywe spier
jy smelt van plesier
jou tjop is hard
en onverwerk
ek bestryk jou
met my strykstok
bestreel jou ledemaat
doelgerig
die nag is nog jonk!
Leave a Reply
Be the First to Comment!