Digitale meisie
ek is nie tevrede
met jou
foto op die skerm
vlugvinger skuif ek
jou voortande
netjies in 'n ry
'n colgate smile
maak die mond
'n bietjie groter
dit was toe
'n fout gewees
permanente oogomlyner
aksensueer die groen
die groenflits mamba
het ek nie raakgesien
sy is nou nie tevrede met
wat sy sien nie
vlugvinger skuif sy
my voortande
Leave a Reply
Be the First to Comment!