Dit raak aan die siel
Jongoog, blinkoog, skoonoog
dit is jy
ek ken jou nie
ek lees jou
soos jy skryf
vou jy oop soos 'n veldlelie
vou jy oop
soos 'n dertigblaar roos
in my geestesoog
ruik ek jou
diepteug
ek jou skoonheid
jy sal altyd wees
die water wat kabbel
die voeltjies wat piep
in die nessie
die by wat versamel
die pasgebore baba
die glimlag op die ma se gesig
jy skryf mooi
Leave a Reply
Be the First to Comment!