Donskombersie
die tyd
van die donskombers
het aangebreek
die blare waai
rol rol oor die pad
en hoop beangs op
teen die draadheining
weerloos teen die koue
vrek hul meer en meer
knus toegevou in
my donskombers
trek ek jou
warmhart nader
die koue winterwind
huil verdrietig
om die hoeke
ons is knus
Leave a Reply
Be the First to Comment!