Druppels lê soos onvoltooide reen teen my vensterruit
Die eensame amper laat druppels
kleef aan die ruit vas
soos n minnaar wat te laat besef
daar is amper niks meer oor nie
tevergeefs hang hy rond
voordat sy hartseer reis begin
die druppels kleef vasberade
die jaagwind het gaan lê
hulle gly stadig af
om deel te word
van die vreugdepoel
Leave a Reply
Be the First to Comment!