Ek dors na meer…..4203
jy drink al weer sê sy
ek sien die koue oog
as die klipdrif my omvou
dan is daar niks warmer nie
ek weet nie meer
van die wêreld om my
ek weet nie hoe my vrou
winkel toe stap nie
en versigtig koop
haar klere te klein
van al die stysel eet
my kinders in almal se skool
kinders ken nie afguns en haat
ek het nou al weer n nuwe werk gekry
my vrou sê sy is bly vir die ekstra geld
ek sê toe
ons sal die wa deur die drif trek
Leave a Reply
Be the First to Comment!