Ek het nog nooit n engel hoor sing nie
ek hoor van veraf die gesing
by die deur sien ek
die koor
hulle wat nie volgens
Gods plan gevorm is nie
Hulle sing uit volle bors
JESUS MIN MY SALIG LOT
ek weet ek is n kind van GOD
ek haal my masker af
om die trane af te vee
ek los my masker
en kyk op na die hemel
en sê
vanaand is U hier
op aarde
Leave a Reply
Be the First to Comment!