Ek kyk deur die venster na jou wereld
Waar jy lag
en jy speel
vlegselmeisie
sproete en al
tot teen die glas
kom jy
my speelmeisie
my lagmeisie
my hart bons
maar die glas skei ons
ek kan net oogdeel
en kan net kyk
hoe jou bene lank word
en jou wimpers groei
hoe jy vrou word
en lippe rooi
hoe jy die netbal plaas
sekuur is jy
my hart klop klop
as jy glimlag
ek vat die diamant
en sny die glas
ek stap in jou wereld in
en hoor jou lag ver weg
ons werelde is te ver
en ons paaie kan nie kruis
terug na my wereld
stap ek
ek hoor jou lag
en sien jou speel
vir altyd
Leave a Reply
Be the First to Comment!