Ek pak my hart uit
kamer vir kamer
ek het nie geweet
daar is so baie
die bloedvloei kamer
is groot en stormagtig
die opdrifsels van jare
se gebroke liefdes
dryf doelloos rond
die tweede kamer
die bloed vloei
teen die wande af
en plons vlak
dit was die tienerjare
die derde kamer
die bloed kabbel oor
die klein klippies
my kleuter jare
van lag skip en jump
sorgeloos
die vyfde kamer
die pasgebore hart
klop rustig die vreedsame
moederhart so naby
My God gee my
asseblief weer
die vyfde kamer
Leave a Reply
Be the First to Comment!