Emmertjie Emmertjie
lank gelede
was jy blink stefaans gewees
jy het die dorpsdam leeggedra
en n paar duike hiervoor gekry
jy was gewild
die enigste groot emmer
jare lank
wou almal jou dra
tot hier was jy nou gedra
en vergeet
ek lees jou gesig
die treur duidelik
jou oe uigeval
net gate waardeur die wind
saam met jou huil
jou neus verweer
jou mond sinies geroes
jou onderlip opgetrek
asof jy wil ol huil
emmertjie emmertjie
moenie huil
die roes sal die huil
wegvat
(kyk mooi na die emmertjie se gesig)
Leave a Reply
Be the First to Comment!