Engel in die more duiwel in die nag
ek sien jouas ek jou so sien
met jou lang swart hare
oor jou skouers gesprei
en jou oe sag toe
jou sagwarm asem
roer die hare oor jou wang
ek sluk swaar
met betraande oe
hoe is dit moontlik
dat my sagvrou
so n duiwel was
laasnag
ek draai flou om
vir nog
tien minute slaap
Leave a Reply
Be the First to Comment!