Eva O Eva
sy sit onder die appelboom
bont kombers uitgesprei
haar mandjie vrugte
volgepluk
haar halslyn gekoop
in spanspek tyd
volrond en wit
gevul met liefdesmelk
om Napoleon Boneparte
Alexander die Grote
en George Washington
te laat sneuwel
hulle het egter
te laat gekom
sy stal haar vrugte uit
sy kan nie wag nie
en nooi my uit
die pere is te groen en hard
avo’s vat te lank
om sag te word
lemoene grof en suur
pomelos is regte size
maar bitter bleek
gedagtes vloei deur my
pynappels hoort nie hier
hul parfuum verdoof
en krap my wang
appelkose sag en maklik
hardegat koejawels
met slegte geur
wortels is nie vrugte
mango’s te harig
jy kan later
nie smile nie
‘n suurknol se hulle
is jy
jy hou maar jou bek
die papaja gryp ek
my vingers gly deur
geen body met ‘n duisend pitte
ek soek vrugte
soet en smaaklik
my mandjie is leeg
se Eva
ek kyk benoud rond
‘n ryp granaat my redding
groot en rooi gryp ek dit
die afskil duur ‘n tyd
rooi robyn korrels
glimlag vir my
hulle weet ek kan
as ek stadig vreet
‘n duisend korrels was my redding
tyd het ek gewen die keer
ek het pool gespeel
agkantig die bal
my tong die stok
het die rooi gekraak
die rooi nektar
het van my wang gelek
by die vyfde game
was sy die baas ek vrees
granadillas wat vergete eenkant le
sien ek raak, my redding
ek gryp een
trek die pen uit
en gooi
die vrugte spat
ek kom by
Eva skreeu
ek sal jou kry
die volgende keer
ek vee die rooi
granaatsap van my wang
dit was amper
owerspel
is ‘n dangerous game
Leave a Reply
Be the First to Comment!