GOD is daar nie meer genade vir n ou boom soos ek
boom skreeu paniek bevange
arms uitgestrek
mond vertrek van die pyn
stukkies bas tuimel na benede
sy regteroog toegeswel
die linkeroog staar
na die hemel
God is daar nie meer genade
my blare kan nog yl skadu gooi
en die grond bevrug
die wind kan nog deur my takke sing
vir hulle metliefde in die hart
God gee my nog n paar jare
om lief te he
om my hart te deel
Die manne met die byle glimlag
ons gaan n duisend kiste hieruit kry
Leave a Reply
Be the First to Comment!