Happiness
Ek is happy wanneer
ek 'n salarisverhoging kry
wanneer ek 'n bonus kry
wanneer ek 'n nuwe kar koop
ek is verhef
wanneer my meisie se
oë glinster
wanneer sy lag
en diep in my oë kyk
wanneer sy my hand styf druk
en die duiweltjies in haar
oë speel
wanneer ek haar nagsoen
en haar smeltlyf my omsingel
ek is gelukkig
toe my kind gebore is
volmaak en vol skree
nagdiens was 'n plesier
maar die kaka doeke
het my wind uitgeslaan
toe my kind op ses jaar
die vyftig meter gewen het
ek was gered
toe God my op 40
voor die satan weggeraap het
wat is happiness
Leave a Reply
Be the First to Comment!