Hoeveel sal jy my toelaat

Hoeveel sal jy my toelaat

ek lees die bladsye van jou siel
ek sien die blink in jou oog

die warm van jou lyf
het my skuiling gegee teen die koue
dit was eens

ek kan nie nader kom nie
die briket wat jy gooi

die laaste rooiwarm briket

vertroetel ek tot as

tevergeefs

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz