Hy moes nie sy hande gewas het nie

Hy moes nie sy hande gewas het nie

'n mens raak nie so maklik
ontslae van jou verpligtinge nie

hy hoor die oproerige jode
vanaand skree hulle

kruisig hom, kruisig hom
dit is nie, sy probleem nie

hy was sy hande
en raak aan die slaap
die leë wynkruik val aan stukke

vroeg die oggend
staan hy wankelend op die balkon

hy sien die langhaar sweetlyf stink jood
seker 'n oproering dink hy

die berge bewe
die gordyne skeur

koorsagtig sluk hy
die wyn neem die vrees weg

net een ding weet hy
hy moes nie sy hande gewas het

en omgedraai het nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz