Iewers langs die pad het ek my lag verloor

Iewers langs die pad het ek my lag verloor

kan jy my help
om dit weer op te spoor

in die dorre woestynland
het dit vergaan

by die riviere van babylon
was daar gefuif en gelag

maar my lag het verbygegly
op soek na die ewige

waar my gelag sal weerklink
tussen komete en planete

vir ewig

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz