In die floulig van die godson se slaaptyd

In die floulig van die godson se slaaptyd

het ons handvashou
skemerwoorde gefluister

godson se oog
het vir ons geknik

voordat hy

by die skemerte ingly

terwyl die aarde draai
het die skemerte ons ingesluk

die bome teen die horison
strek hulle tak hande na bo

en bid vir more
dat godson weer moet kom

jou warm lyf het gesmelt
die wonder van die skepping

het ons een gemaak
ons het man en vrou geword

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz