In die oog van die storm ….Vir Johan Steyn

In die oog van die storm ….Vir Johan Steyn

Staan ek alleen
terwyl die heelal

my omsirkel

die muskiet glimlag. Die padda kwaak
die valk duik . die vink kwetter
die vink kwetter . die valk duik
die padda kwaak . net die padda het ….

ongekwes staan ek alleen
en wonder waarom

die maan om die aarde draai
mars om die son draai

sprakeloos staan ek

met uitgestrekte arms
WAAROM

uit die hemel gelanseer
vang Ek

die bestofde boek
net n boek

op die eerste blad

Skryf GOD

IN DIE BEGIN

Ek kyk op en sien die Maan

EK VERSTAAN

 

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz