Is ek fokol werd
Ou grootvoet, jou happie het gesorg vir hierdie happie, ek hoop dit gaan lekker smaak! Soos jy gese het mense gee nie meer om nie , n mens help wanneer jy kan of nie kan nie . wat belangrik is vir sekere mense is , hoeveel ek werd is ,wereldse terme, hoe lank hou hierdie werd! Is dit geldwaarde? of BBP waarde, dit is lekker om jou naam te hoor ten opsigte van iets posetief , jy gloei , jy is in tel .maar die belangrikste in hierdie lewe is om te hoor ,jy is kosbaar ,jy is spesiaal ,jy is die moeite werd ! As jy kosbaar koester ,omgee,spesiaal,en opreg optree ,en deel van jou menswees gee sonder om iets terug te verwag sal jy op n later stadium in jou lewe ervaar,dat die sak vol genade wat jy oor die jare ontvang het nog steeds vol bly ,al het jy uitgedeel . saai n deel van jou oes (genade) in die wenakker van GOD , en JY sal verbaas wees.
JY is iets werd
DIE lewe is die moeite werd.
groete . BERG
Leave a Reply
Be the First to Comment!