Jesus min my salig lot

Jesus min my salig lot

ek is 'n kind van God
sing die kinderkoor

die duiwel glimlag
en swaai die stokkie

dit is die miljoenste kinderkoor
wat hy afrig

hulle sing tog te pragtig
dink hy by homself

elke jaar verander hy net
'n paar woorde

binnekort sing hulle
al sy liedjies

Jesus minder
satan meer

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz