JOU emmer van genade (SKIP maar hierdie een as jy wil , seker weer geestelike GA ! )
Elkeen van ons kry n emmer van genade
op een of ander stadium van ons lewens
Ons besef dit eers wanneer dit gebeur
in die emmer is daar:
genade,hoop,liefde,geld,meelewendheid
verdraagsaamheid,geloof en hoop
hierdie is nie vir jouself nie
daar is hoop vir die enkelouer
vir die werklose,vir die sieke
daar is liefde en empatie
met hulle wat platgeslaan is
maar ook n bietjie geld
was jy al in nood
was jou stem stil
niemand het jou gehoor
het jy al die verflenterde vrou getroos
die warmte mens ervaar
die vonkie hoop gesien
dit is kosbaar mens
dit is ewigheidskos
ewigheids taal
is menstaal
dit kos mos niks
om te mensdeel
Jesus is hier
in jou hart
jou genade emmer
is nog steeds vol
al het jy gedeel
(Saterdag het ons gedeel!)
Leave a Reply
Be the First to Comment!