Jy bloeisel in die lente van jou lewe
In die lente het
die kaal takke gebot
die wêreld was oortrek met
wit pienk rooi
die winde het gekom
die wit pienk rooi
weggewaai
die babavrug ontbloot
die genadelose son
verdroog vele
voordat die koel groen blare
kon spruit
rooiwang en sappig het
appelkoos perske en appel gewag
om gepluk te word
daar was voos gedruk
afgeruk en halfgepluk
hoog bo het bang
die laat vrugte gesit
dit is al so laat
die blare reis op die wind
die felle somerson
brand alweer
hulle weet hulle gaan sterf
hoe lank moet ons nog hier
rondhang
(die appel hemel wag )
niemand wil ons meer hê nie
ons smaak nie meer lekker nie
ons is verrimpel en droog
(gedroogte appel smaak reg )
is ons almal nie maar net
komposkos
ek huil
n appelboom leef
n honderd jaar
en bloeisel elke jaar
Leave a Reply
Be the First to Comment!