Jy het my wakker gemaak
met jou smeltparfuum
het jy verbyspore gelaat
op die wilde hormoonspoor
het ek geloop
om die hoek
het die parfuumspoor doodgeloop
die somerwind het n nuwe reuk saamgebring
blindelings het ek gevolg
om die hoek het die parfuumspoor doodgeloop
die laaste twintig jaar
loop ek nie meer om n hoek nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!