Kan ONS nog geluk vind in Suid Afrika …..Wil ons nog geluk vind …Is ek nog net nog net n Klagat
As n ou van 62 gaan ek sekerlik nie 40 jaar hier rondswerf soos die israeliete van ouds nie . Ek gaan ook nie meer kla soos ek al dikwels gedoen het in die verlede nie. Ou Galema of Malema is net n verskietende ster wat baie op hol jaag ,hy het nie n waarde basis om vanaf te praat nie , maar is n opstoker wat die gepeupel opsweep , dit sal nie lank hou nie .
Wanneer ek ry veral in die lughawe omgewing sien ek die verwaarlosing wat intree buitelanders sien dit sekerlik ook en so verloor ons land kredietwaardigheid . ONS land ons is hier geskape en het hier opgegroei ,uit die stof van Suid Afrika is ons gevorm Afrikaners sal ons bly , Afrika rots , Afrika riviere , Afrika berge , van oral is ons Suid Afrikaners , almal van ons , Kom ons wees trots en help om n verskil te maak , doen iets soos , om n aanwysingsbord weer reg te buig , die pad reling te verf of herstel ,die sypaadjie te herstel , n pothole te vul . Wat doen jy om n verskil te maak , of pluk jy die laaste perskes van die boom af sonder om te los vir die wat nog aankom .
Wat n mens doen uit jou hart uit, is lewensvreugde jy kan dit nie koop nie , jy kan dit slegs verdien , "hemelpunte" noem ek dit lag lag . n mens voel menswaardig as jy so iets doen , uit die hart uit dit is om te lewe ,om van jouself te gee , om van nut te wees sonder weerga.
As daar mense is wat omgee en betrokke wil raak kontak my asseblief.
Groete
Attie van den Bergh
Leave a Reply
Be the First to Comment!